
.png)

Wie's die alfa van lekker lewe?
Top Dog is waar legendes hul dors les, voete roer en stories begin – met koue drankies, warm vibes en ‘n soundtrack om te onthou!

_edited.jpg)
Top Dog - Since 2020
Top Dog het in 2020 ontstaan toe Warren en Mart-Marie Vermaak ‘n droom gehad het – om ‘n kuierplek te skep vir mense met visie, dryf en ‘n lus vir die lewe. Die naam Top Dog kom van die term “high ballers” – daardie mense wat groot dink, hard werk en weet hoe om lekker te lewe.
Met die opening van ons eerste tak in Rustenburg, het ons vinnig ‘n reputasie opgebou as die plek om te wees. Dit was nie lank daarna nie dat Shane Charslund by ons aangesluit het en ‘n belangrike rol in die bestuurspan begin speel het. Met sy insette en ons gesamentlike passie vir ‘n next-level kuierervaring, het ons uitgebrei na Potchefstroom en later Klerksdorp.
Of jy nou ‘n ysige drankie soek, ‘n beat wat jou voete laat roer, of net ‘n plek waar jy deel voel van iets groots – Top Dog is waar jy moet wees!